Terme en Voorwaardes - faurec.net

Voorwaardes vir gebruik van Webblad

Hierdie ooreenkoms bevat belangrike kontraktuele regte, obligasies en voorwaardes tussen u, die gebruiker en faurec.net. U aanvaarding van die terme van hierdie ooreenkoms word verlang voordat hierdie webtuiste gebruik word. Waar die term "faurec.net" in hierdie ooreenkoms gebruik word, word verstaan dat dit die domain, die webblad, asook enige sub-domains insluit wat verband hou met faurec.net

Gebruik:
Enige gebruiker sal wanneer hy hierdie webblad gebruik, vir watter rede ookal, hom aan hierdie voorwaardes onderwerp en dit so aanvaar. Die faurec.net webblad is ontwikkel met die uitsuitlike doel om inligting aan te bied. Niks in die faurec.net webblad moet beskou word as enigiets anders as 'n bron van inligting nie.

As 'n reel sal faurec.net nie enige offensiewe inligting publiseer nie. Ons kan egter nie waarborg dat al die inligting wat ons of ander partye, of webtuistes van ander partye waarna in hierdie webblad verwys word, te alle tye vry van offensiewe inligting sal wees en sensitiewe gebruikers mag afronteer nie. Gebruikers, deur die webblad te gebruik, vrywaar faurec.net, sy eienaars, agente en werknemers van enige eise van watter aard ookal.

As gebruiker onderneem en aanvaar u dat u hierdie webblad op eie risiko gebruik. Terwyl faurec.net alle redelike voorsorg getref het om te verseker dat die webblad vry is van virusse van watter aard ookal, kan daar en word daar geen waarborge voorsien tot dien effek nie.

Intilektuele eiendom, regte en lisensie:
Alle inhoud van hierdie webblad, insluitende, maar nie beperk tot die inhoud, data, afbeeldings, sagteware, kopie, grafiese uitbeeldings, databasis, uitleg en ontwerp is die eiendom van faurec.net en word gevolglik beskerm deur plaaslike en internasionale reg. Alle regte wat nie spesifiek toegestaan word nie word voorbehou. Die intelektuele regte ten opsige van alle inhoud, inligting en dienste behoort aan faurec.net en geen reg word aan die gebruiker oorgedra nie. Die inhoud van hierdie webblad, insluitende, maar nie beperk tot die inhoud, data, afbeeldings, sagteware, kopie, grafiese uitbeeldings, databasis, uitleg en ontwerp mag gebruik word deur die gebruiker, maar slegs nadat skriftelike toestemming daartoe gegee is.

Handelsmerke en of Geregistreerde name en ontwerpe van ander partye wat op hierdie webblad mag verskyn is steeds die eiendom van die regmatige eienaars.

Veranderinge aan hierdie webblad:
faurec.net behou die reg voor om te enige tyd inligting of voorwaardes in hierdie webblad te verander, te verbeter, aan te pas en/of te verwyder sonder enige vooraf kennisgewing.

Skakels na hierdie webblad:
Skakels na hierdie webblad deur enige persoon, besigheid of instansie word verwelkom maar slegs met die skriftelike toestemming van faurec.net

Privaatheid en Cookies

Ons, hier by faurec.net, respekteer die privaatheid van ons vriende en besoekers.

Ons sal nie u persoonlike inligting deel sonder u skriftelike toestemming nie, behalwe as ons daartoe gedwing word deur 'n behoorlike regsproses.

Wanneer u 'n aanlynvorm op hierdie webwerf voltooi, kan ons webwerf persoonlike inligting soos name, e-posadresse, ens. van u verkry, maar slegs by die aanstuur van die vorm. Hierdie inligting word slegs deur onsself gebruik, uitsluitlik vir die doel wat die voltooi van sodanige vorm vereis het en vir geen ander rede nie.

As u deur hierdie webwerf blaai, sal inligting versamel word van die instrument vanwaar u blaai, sodat ons die gebruik van ons webwerf kan ontleed. Hierdie inligting word gestoor as 'n 'cookie' ('n klein lĂȘer wat deur u blaaier op u hardeskyf gestoor word).

Die inligting wat in 'n cookie gestoor word, bevat geen inligting waardeur u identifiseer kan word nie. U kan ook kies om nie toe te laat dat u blaaier cookies aanvaar nie. Om dit te doen, moet u die instellings in u blaaier op u rekenaar verander. Ons het geen beheer daaroor nie.

Die data wat ons versamel, word nie met ander partye gedeel, verhandel of verkoop nie. Ons gebruik ook nie van die data om advertensies te genereer nie.

Ons webwerf kan skakels na ander webwerwe bevat. Neem asseblief kennis dat as u op een van hierdie skakels sou kliek, u 'n ander webwerf betree waarvoor ons nie verantwoordelik is nie.

Kontak My

Jy kan my hier kontak:

Tel:

+27 82 349 3700

Placeholder Picture